Die studentejare gaan verby, verby studenteweelde;
Nooit keer hul ooit terug vir my: die tyd, die lieflingsbeelde.
Die koringmeul wil nie meer maal, my skulde moet ek self betaal !
O, treurigheid op note, ek staan op eie pote.
O, treurigheid op note, ek staan op eie pote.
Soos mieliepitte spat uiteen die oue troue vrinde;
Ek staan nou moedersiel alleen, en is maar net bediende.
Ek is nie meer myn eie baas, ek werk met Paul en Piet en Klaas.
O, treurigheid op note, ek staan op eie pote.
O, treurigheid op note, ek staan op eie pote.
Maar moe nie glô, al word ons oud, ons hart kan ooit verander.
Ons liefde is nog lang nie koud, ons staan nog by mekander.
Dus vriende reik mekaar die hand, hernuw die heil'ge vriendskapsband.
Gaan dit met stamp' en stote, nog bly ons op ons pote.
Gaan dit met stamp' en stote, nog bly ons op ons pote.